Monday, 08 August 2011

Nugter, liefdevol en sonder nonsens.


~ 1 Timoteus 2:8 ~ Ek wil dus he dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.

"Watter soort vrou wil u dan he"? vra die leraar aan die moedelose man met huweliks probleme. Nugter,  liefdevol en sonder nonsens," antwoord die lidmaat.
Die ooreenkoms tussen die eienskappe wat Christus by sy bruidskerk soek en die eienskappe van 'n waardige Christenvrou is onmiskenbaar.
  1. Wees verstandelik wakker en nugter---Soos Christus van sy bruidskerk, begeer my huweliksmaat van my om die lewenskrisisse met insig, kalmte en waardigheid te hanteer.
  2. Wag op die koms van die Bruidegom--- Die verhouding met die Bruidegom is die nommer-een-verhouding in die lewe. Vir my huweliksmaat is ons verhouding belangriker as alle ander verhoudings.
  3. Moenie meer leef soos vroeer, toe die Bruidegom nog nie saak gemaak het nie. Vir die gelowige is Christus Jesus die Middelpunt, die Hoof van sy kerk. En soos Christus die Hoof van die Kerk is, so behoort my eggenoot ook die voorreg te he om die geestelike hoof in die gesin te mag wees.
  4. Beskeidenheid, betrokkenheid, liefde, barmhartigheid en eenvoud maak die kerk geloofwaardig.---My huweliksmaat gedy 'n vebintenis met 'n vrou wat hierdie spirituele eienskappe ook in haar vehouding met hom uitleef.
  5. Die bruid van Christus is aktief aan die werk om die koninkryk te laat kom.---Geseend is die man wie se huweliksmaat aktief goedgesind is en in die liefde lewe. Teen so 'n huislike agtergrond en in so 'n atmosfeer kan my huweliksmaat sy hande dan "vry van onmin en twis" voor God ophef. ~Maretha Maartins. ~



No comments:

Post a Comment